Rooivuurdoring (Pyracantha crenulata) Dié immergroen struik of klein boom het takke vol dorings met blink groen blare. Dit dra trosse klein wit blomme gevolg deur mooi rooi, oranje of geel bessies wat heerlik is vir voëls, wat dan die saad binne-in die bessies versprei. Steriele kultivars of hibriede van die spesie, soos ‘Orange Charmer’, is nie op die indringerlys nie. 

Indringerstatus

Dis ’n kategorie 1b-indringer, wat beteken jy moet dit van jou eiendom verwyder om vervolging vry te spring. 

Hoekom is dit ’n probleem? 

Dié plant is veral ’n probleem in Mpumalanga, Gauteng, Limpopo, die Vrystaat, Noord- en Oos-Kaap, waar dit grasveld en rotsriwwe oorneem. Die saad is giftig wanneer dit geëet word en kan braking veroorsaak.

KONTAK invasives.org.za