Satansbos (Solanum elaeagnifolium) is ’n kruidagtige struik wat tot 60 cm hoog kan groei. Sy stele is bedek met wit of silwerkleurige viltagtige haartjies, en daar is oranje of rooierige dorings op die blaarstele en -onderkante. Die plant het gryserige of silwergroen blare, dikwels gegolf en opgevou langs die hoofrif. Dit dra mauve, blou of wit blomme, asook blinkgroen bessies wat later geel verkleur.

Indringerstatus

Dis ’n Kategorie 1b-indringer, wat beteken jy moet dit van jou erf verwyder om vervolging vry te spring.

Hoekom is dit ’n probleem?

Satansbos vorm digte, spreidende groei wat met ander plante meeding. Dis verskriklik moeilik om uit te roei omdat die wortels diep en wyd groei en die plant maklik uit klein wortelsteggies ontwikkel. Die jong bessies en blare is giftig.

KONTAK invasives.org.za