Die plant, afkomstig van die sentrale en westelike Mediterreense streek, vorm ’n ronde bossie wat mooi lyk langs paadjies of rondom kruietuine, ook as vullerplant in randakkers. In die somer verskyn geel blommetjies met ’n knopievorm. Sodra die sipreskruid se wortels gevestig is, is die plant droogtebestand. Gebruik die gedroogde blare in potpourri en geursakkies of sit dit in kaste om motte uit te hou.