book-icon Uitgawe Julie 2019

Plant van die maand: Baardirisse

akkreditasie

Vir kleur in die lente en veral vroeë somer, plant ’n bedding vol baardirisse (Iris-kultivars). Dié meerjarige is in ’n verskeidenheid kleure beskikbaar – skakerings van blou, oranje, wynrooi, pers, geel, brons en ook in wit. Sommige is selfs tweekleurig.

Baardirisse lyk mooi as hulle in ’n groot groep van dieselfde kleur bymekaar groei of wanneer hulle al met ’n paadjie langs blom. In ’n gemengde blombedding lyk dit pragtig saam met onder meer ridderspore, vingerhoedjies, stokrose en rose. Of plant heuningblommetjies en petunias tussenin vir somerkleur, en gesiggies en feetjieprimulas vir die winter.

Baardirisse blom op stele wat bo die blare uitgroei. Selfs wanneer hulle nie blom nie, maak die grysgroen lintvormige blare ’n mooi vertoning. Plant die irisse in goed gedreineerde, komposryke grond – maar hulle is nie te vol fiemies wat grond betref nie.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
Jongste uitgawe

September 2022

Jongste uitgawe
Kry jou praktiese, inspirerende gids vir die huis en tuin nou as ’n e-tydskrif.
Begin lees
Jongste uitgawe

WERF 2021

Jongste uitgawe
Kry jou praktiese, inspirerende gids vir jou werf nou as ’n e-tydskrif.
Begin lees