Dié plant het skouspelagtige pienk-en-wit dubbelblomme wat soos driedimensionele mini-rose lyk. Dit het verlede jaar die FleuroStar (’n prys wat die Europese tuinboubedryf jaarliks aan die jaar se treffendste plant toeken) gewen vir sy ongewone blomme en netjiese, geronde groeiwyse. Dié stoepplant werk goed op sy eie in ’n hangmandjie of as deel van ’n groot, gemengde houer. Die plante is bestand teen koue, en vaar die beste in ’n sonnige plek in die winter en gedeeltelike skadu van die lente tot die herfs. Maak seker dit het potgrond wat goed dreineer en kry gereeld water. Voed een keer per week met ’n vloeibare kunsmis.

KONTAK ballstraathof.co.za