Lavandula stoechas LaVela ‘Compact White’ is ’n nuwe toevoeging tot die LaVela-reeks laventelplante. Dit het groot, spoggerige blomme wat regop groei aan ’n stewige, mediumhoë plant (38 cm). Dié laventel is ’n goeie stoep- of huisplant – maak net seker dit kry helder, indirekte lig.

Pasop dat jy nie te veel water gee nie; laat die grond effens uitdroog voor jy weer natmaak. Die blare kan fyngekap en spaarsaam in hoender- en groentegeregte gebruik word.

KONTAK ballstraathof.co.za