Lisianthus ‘Sapphire’. Dié dwergvariëteit (15cm hoog en breed) dra massas blomme wat aan rose herinner en lyk dus kompleet soos ’n varsgeplukte ruiker. Omdat dit in lae lig óf helder, indirekte lig sal gedy, is dit ’n nuttige dekorplant. Laat die grond uitdroog voor jy weer natmaak en voed twee keer ’n maand met vloeibare kunsmis. Die reeks sluit Blue (’n diepblou kleur) en Blue Chip (wit blomme met blou rande) in.

KONTAK ballstraathof.co.za