Die bekoorlike klein Coleus Terra Nova ‘Lovebird’ is ’n oulike, kompakte huis- of stoepplant. Sy geskulpte rooi blare het geel rande, wat dit ’n eksotiese, tropiese voorkoms gee en herinner aan die dwergpapegaai waarna dit genoem is.

Dié sierplant, wat 20 cm hoog groei, hou van helder indirekte lig (binnenshuis) of half- tot volskadu buite. Laat die grond redelik goed uitdroog voor jy weer water gee. As daar blomme verskyn, knyp dit af, aangesien hul sap die plant se krag tap.

Voed een keer per maand met ’n vloeibare bemesting.

KONTAK ballstraathof.co.za