Nuwe genetika en nuwe voortplantingstegnieke het dié binnenshuise krismisroos gelewer wat reg deur die jaar beskikbaar is. Dit het minstens vier uur se helder indirekte lig per dag nodig. Die blomme hou langer as die plant koel gehou word, met klam maar nie deurdrenkte grond. Plante verkies kalkvrye water. As die lug in die huis droog is, sit klippies onder die pot. Dit kan ná blomtyd teruggesnoei en in die tuin geplant word, waar dit dan soos ’n gewone krismisroos meer as een blomkop sal produseer.

KONTAK plantimex.co.za