Sedum ‘Little Missy’ en ‘Little Master’ is twee grondbedekker-vetplante wat perfek by mekaar pas. Hulle maak die mooiste vertoning in potte of mandjies, aangesien die digte, matagtige loof van nature ’n ronde groeiwyse het. ‘Little Missy’ het klein groen-en-wit gevlekte blare en in die somer dra dit klein pienk blomme. ‘Little Master’ se blare is hartvormig en smaraggroen. Die plante is geskik vir stoepe en vra goeie lig en beskutting teen ryp. Potte moet goed dreineer, en plante moet diep natgemaak of deurdrenk word indien die grond heeltemal droog is. As huisplant moet dit naby ’n sonnige venster staan.

‘Little Master’

KONTAK ballstraathof.co.za