Dit vaar die beste in matige indirekte lig in ’n warm, vogtige vertrek. Plaas dit tussen ander plante om die humiditeit te verbeter. Maak seker die grond dreineer goed en hou dit eweredig klam, maar nooit deurweek nie (die oppervlak kan maar effens uitdroog voor jy weer natmaak). Maak in die winter minder nat. Voed een of twee keer ’n maand met ’n vloeibare misstof teen halfsterkte. Swak dreinering, min lig of uitdroging kan plante vatbaar maak vir dop- en wolluise, asook spinmyte. KONTAK plantimex.co.za