Die gevlekte groen blare groei in ’n rosetvormige pol sowat 30 cm hoog en wyd.

Kweek dit só Plant Aloe ‘Pink Blush’ buite in halfskadu tot volson, maar laat dit eers aan volson gewoond raak. Dit wil grond hê wat goed dreineer. Moenie te veel water gee of dit in water laat staan nie, veral as dit in ’n pot in die huis groei. Hierdie plante kan nie ryp verduur nie, maar sal in koue toestande tot so laag soos 4,5 °C oorleef. As huisplant vra dit ’n warm vertrek met sterk, helder indirekte lig. Bemes een keer in die lente. Aangesien dit ’n stadige groeier is, hoef dit eers ná ’n paar jaar verpot te word. Dit vorm maklik lote wat van die moederplant geskei en oorgeplant kan word.

Gebruike in die tuin Die aalwyn lyk mooi in ’n houer saam met ander vetplante of in ’n rangskikking van identiese potte as fokuspunt. Groepe van drie of vyf plante aan die voorkant van ’n gemengde vetplantbedding sal dadelik die oog vang. Met sy kompakte en lae groeiwyse en fyn trossies koraalrooi buisvormige blomme is dit ideaal vir klein tuine. 

Het jy geweet? Alhoewel die plant se vernaamste blomtyd deur die winter tot in die herfs is, sal dit ook in die somer blom. 

Algemene probleme Soos alle aalwyne vereis ‘Pink Blush’ in potte grond wat gou sal dreineer. Maak seker jy gebruik houers met behoorlike dreineringsgate en voeg growwe sand by jou potmengsel. Maak goed nat sodat die water by die dreineringsgate uitloop en wag tot die grond uitgedroog het voor jy weer water gee.

KONTAK Ngena Succulents, e-pos john@ngena.africa