book-icon Uitgawe November l Desember 2020

Vetplant van die maand: Kalanchoe blossfeldiana

akkreditasie

Die vetplant, wat oorspronklik uit Madagaskar kom, behoort tot die Crassulaceae-familie en staan ook bekend as die bloemistekalanchoe.

Kweek dit só Plante wat in die huis groei vereis ’n warm vertrek en helder, indirekte lig, en moenie te veel water kry nie. As tuinplant vra dit grond wat goed dreineer; dit kan in die son of halfskadu groei. Indien die plant spigtig raak, kort dit meer sonlig. Met baie son kan die blare ’n rooi skynsel kry. Moenie dat die grond heeltemal uitdroog nie, want dan sal die blare vergeel en verskrompel. Minder water is in die winter nodig. Verleng die blomtyd deur dooie blomme te verwyder en voed tydens blomtyd met vloeibare bemesting. Buite, in ’n houer, vaar die plante die beste met oggendson en skadu in die namiddag.

Verskillende soorte ‘Calandiva’, met sy magdom blare, is ’n nuwe kultivar van Kalanchoe blossfeldiana en het dieselfde kweek- en sorgvereistes.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
Jongste uitgawe

Okt | Nov 2021

Jongste uitgawe
Kry jou praktiese, inspirerende gids vir die huis en tuin nou as ’n e-tydskrif.
Begin lees
Jongste uitgawe

WERF 2021

Jongste uitgawe
Kry jou praktiese, inspirerende gids vir jou werf nou as ’n e-tydskrif.
Begin lees