Dit groei laag en spreidend (50 cm–1 m) en is ’n taai dog spoggerige grondbedekker. Blomme verskyn van Junie tot September en voorsien stuifmeel vir bye en skoenlappers. Die plant is endemies aan die Noord- en Wes-Kaap, spesifiek die Ceres-Karoo, en kan ligte (nie swaar nie) ryp hanteer.

Soorte As jy groter kleurverskeidenheid soek, kyk uit vir die hibried ‘Lido’. Sy blomkleure sluit magenta, oranje, pers, pienk, geel en wit in. Dit groei meer kompak as die spesie (spreiwydte 35 cm), wat dit ook geskik maak vir houers en hangmandjies.

Kweek dit só Dié vygie gedy in arm, goed gedreineerde grond of in lappies grond in rotsriwwe. Plant dit op ’n plek wat volson in die winter en gedeeltelike skadu in die somer kry. Laat die grond uitdroog voor jy weer natmaak. Dien een keer in die lente bemesting met ’n lae stikstofinhoud toe. Snoei om die vorm netjies te hou as dit onnet begin lyk. Knyp dooie blomme af om nuwe groei aan te moedig.

Gebruike in die tuin Plant rankvygie as ’n grondbedekker of gebruik dit as ’n geharde, waterwys alternatief vir gras op jou sypaadjie of in warm, droë dele van die tuin.

Algemene probleme Wit plantluise verskyn soms op die blare. Spuit met Margaret Roberts Organic Insecticide om die insekte te versmoor. Moenie te veel water gee nie, want die wortels is geneig om te vrot.

KONTAK ballstraathof.co.za