book-icon Uitgawe Augustus 2021

Vetplant van die maand: Skep kuns met Sempervivum

akkreditasie
Andrea Caldwell

Jeremy Archer van Krugersdorp skryf Terwyl ek deur my tuinsentrum se vetplantafdeling geloop het, het ek ’n ongewone Echeveria bemerk, net om uit te vind dis eintlik ’n Sempervivum. Wat is die verskil, en hoe kan ek laasgenoemde gebruik? 

John Sauer van Ngena Succulents antwoord Dis maklik om hulle te verwar! Daar is drie verskillende vetplantsoorte wat baie eenderse rosette vorm: Echeveria, Sempervivum en Aeonium. Sempervivum se blare is sagter en minder vlesig as Echeveria, met fyn stekels wat al op die blaarrande langs groei. Hulle vorm ook kleiner maar digter rosette. Sempervivum vermeerder vinnig, kan koue verduur (dis ’n alpynse plant), en het vlak wortels, wat dit ideaal maak om in vlak bakke of trôe, tussen plaveisel of trapklippe, in loffelstene, uitgeholde boomstompe, kolwyntjiepanne of enige ander onkonvensionele houers te plant. Laat die plante in klein tuine of beddings uitsprei en ’n mat of plat rand voor hoër vetplante vorm. Hier’s ’n paar idees:

• Tafelrangskikkings is ’n maklike manier om die tekstuur, skoonheid en verskeidenheid van Sempervivum te waardeer. Vertoon hulle in ’n vlak, ronde bak of reghoekige bord met dreineergate op ’n sonnige stoep, dek of ander buiteleefruimte. Kies goeie potgrond wat vryelik dreineer.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
Jongste uitgawe

Sep | Okt 2021

Jongste uitgawe
Kry jou praktiese, inspirerende gids vir die huis en tuin nou as ’n e-tydskrif.
Begin lees
Jongste uitgawe

WERF 2021

Jongste uitgawe
Kry jou praktiese, inspirerende gids vir jou werf nou as ’n e-tydskrif.
Begin lees