Kalwerbossie (Pelargonium sidoides) Dié meerjariges het verdikte wortels, dra grysgroen uweelagtige blare met skulprande in ’n rosetvorm en trosse fyn dieprooi blomme wat skoenlappers en bye lok. Sy lae, bolvormige groeiwyse maak dit geskik vir beddingrande, rotstuine en potte.

Onder tradisionele genesers en in die farmaseutiese bedryf staan dit bekend as “Umckaloabo” – ’n naam wat uit twee Zoeloe-woorde bestaan: umkhuhlane, wat verwys na “koors-en-hoesverwante siektes” en uhlabo, wat “borspyn” beteken.