Foto Gallo Images

Die Afrika-madeliefie (Osteospermum-spp.) is ’n laag groeiende, waterwys plant wat ideaal is as grond-bedekker vir skuinstes, rotstuine en blombeddings. Sy madeliefie-agtige wit, geel, pienk, pers, appelkoos en oranje blomme lok skoenlappers. Party kultivars, soos ‘Whirlygig’, het interessante “lepelvormige” blomblare.

Moenie dat die grond in houers uitdroog nie, want dan sal die plante hul blomknoppe afgooi. Osteospermums maak op hul mooiste oop in goed gedreineerde grond en son; knyp dooie blomkoppe af om plante netjies te hou.