Die plakkie (Kalanchoe thyrsiflora) is ’n meerjarige vetplant; dit het ’n basale roset met groot, ronde grysroom blare met ’n melerige lagie en rooi rande. Volwasse plante sterf nadat dit geblom het, maar die jong plante wat uit die stam van die moederplant groei, kan oorgeplant word. Volson bring die rooi skakering op die blare uit. Kweek dit in rots- en gruistuine, asook tussen groot klippe waar daar goeie dreinering is