Plakkies het dik, vetplantagtige blare waarvan die kleur kan wissel van groen tot silwergrys, soms met ’n wit laag oor die oppervlak of ’n rooi rand buite-om, afhangend van die variëteit. Die blomtyd wissel – in somerreënstreke blom dit in die winter, en in winterreënstreke tot in die middel van die somer. Oranjerooi buisvormige blomme verskyn in trosse bo-aan lang blomstele en lok bye en voëls. Die plant vertoon pragtig in ’n rotstuin, in ’n groep in ’n sonnige randakker met goeie dreinering, of in ’n pot