Septemberbossie

Die Septemberbossie (Polygala myrtifolia) is ’n aantreklike immergroen, mediumgroot struik met blare soos dié van ’n mirt. Wanneer dit eers gevestig is, vra dit min onderhoud en is dit droogtebestand. Die bossie dra amper heeljaar mooi mauve-pers blomme wat soos pronkertjies lyk, maar bereik ’n hoogtepunt in die lente – vandaar die volksname Augustus- en Septemberbossie.