Foto Andrea Durrheim

Die treursalie (Buddleja auriculata) is gehard en droogtebestand met ’n grasieuse, hangende groeiwyse, en kan as ’n struik of klein boom gekweek word. Die smal groen blare het ’n silwer onderkant. Die plant spog in die winter en lente met geurige klein buisvormige blomme in room, oranje of lila, wat skoenlappers, insekte en voëls lok.