Grasse speel ’n belangrike rol in die tuin – dit stabiliseer die grond, ritsel in die wind en verleen tekstuur en kontras wanneer dit tussen ander plante in die tuin groei. Ngongonisteekgras (Aristida junciformis) is ’n geharde polgras met ’n geboë groeiwyse. Kleure wissel van groen tot bruin, en dit dra wit saadkoppe.

Dié inheemse gras is ’n gunsteling onder landskapargitekte, dis gewild in blok-aanplantings, versag geplaveide areas, rande van paadjies en ander harde landskapelemente. Dit vra min onderhoud en is waterwys sodra dit eers gevestig is. Snoei vroeg in die lente terug.