As jy pragtige winterkleur in jou tuin
verlang, plant ’n aalwyn. Hul
treffende vorm en helderkleurige
blomme werk die beste in inheemse
tuine, teen sonnige skuinstes en
tussen verweerde klippe. Die plante
het wisselende groeiwyses, van
steelloos tot middelslag en groot, wat
dit ’n uiters veelsydige plant maak.
En as jou pa ’n voëlliefhebber is, is ’n
aalwyn ’n wonderlike geskenk vir
Vadersdag, want dié plant lok ’n
verskeidenheid geveerde vriende
na die tuin.
Ons wil graag hê jy moet langer kuier.
Teken in en kry onbeperkte toegang tot 11 Afrikaanse tydskrifte en 35 koerante. Alles op een plek.
KIES JOU PAKKET