Die meelplakkie (Kalanchoe luciae) kry sy volksnaam van sy loof, wat lyk asof dit met meel bestrooi is – ’n wit lagie wat help om sonlig te weerkaats en die plant koel hou.
Dié meerjarige vetplant vorm ’n basis-roset van groot, geronde grysgroen blare met rooi rande. Klein buisvormige wit blommetjies met ’n soet geur ontwikkel aan ’n lang steel en voordat die moederplant sterf, vorm daar plantjies onderom (sien foto) wat uitgeplant kan word. Kweek dit in volson in rotstuine of teen skuinstes vir die beste blaarkleur.
Ons wil graag hê jy moet langer kuier.
Teken in en kry onbeperkte toegang tot 11 Afrikaanse tydskrifte en 35 koerante. Alles op een plek.
KIES JOU PAKKET