Salvia greggii en sy vele kultivars kan regop of spreidend groei en sy smal, leeragtige, aromatiese loof is geskik vir droë tuine en goed gedreineerde grond.
Fyn, buisvormige blomme en skutblare verskyn van die lente tot die herfs in wit en skakerings van pienk, suurlemoen, salm en rooi, en lok bye, skoenlappers en nektarvretende voëls. Kweek dit as ’n vuller in ’n randakker of as lae struik. Snoei terug om ’n bosagtige vorm te behou.
Ons wil graag hê jy moet langer kuier.
Teken in en kry onbeperkte toegang tot 11 Afrikaanse tydskrifte en 35 koerante. Alles op een plek.
KIES JOU PAKKET