Dié geharde immergroen Australiese struik met grysgroen blare – silwer getint aan die onderkant – en wit of ligpers blomme herinner aan roosmaryn, vandaar sy Engelse naam “coastal rosemary”.

Westringia is nie net waterwys nie, maar ook bestand teen wind en soutsproei. Plant dit as ’n windskerm of lae heining, of snoei dit vir ’n formele voorkoms.

Dit vaar die beste in volson en grond wat goed dreineer.