In 2020 gaan huisplante al hoe gewilder raak om leef- en werkruimtes meer omgewingsvriendelik te maak. Die aantreklike ZZ-plant (Zamioculcas zamiifolia) met sy blinkgroen blare suiwer die lug deur gifstowwe te verwyder. Dis inheems in die oostelike dele van Afrika en groei uit dik risome wat water opberg en die plant droogtebestand maak. Klein blomskedes kan by die blaarbasis voorkom. Dis geskik vir ruimtes met matige tot min lig, maar nie direkte son nie. En hoe minder lig, hoe minder water het dit nodig.

Pasop: Dis giftig om te eet.