Blare wat krul

Joanne White van Durban-Noord skryf Die jong blare van my ‘VLV Kaapland’-roos is verrimpel en kleiner as gewoonlik. Wat veroorsaak die skade?

Ludwig antwoord Dis heel waarskynlik plantluise en blaaspootjies wat uit hul winterslaap ontwaak. As jy mooi kyk, behoort jy klein plantluise op die knoppe of onder die blare te sien.

Die blaaspootjies wat die afgelope jare algemeen in rose voorkom is feitlik onsigbaar in hul larwestadium. Die volwasse blaaspootjies lê hul eiers laer af op die stamme onder die bas.

Wanneer die larwes uitbroei, beweeg hulle opwaarts na die nuwe blare, prik dit en suig dit van die onderkant af uit, wat die misvorming veroorsaak.

Teen die tyd dat hulle die knop bereik, is hulle volwasse, en dan begin hulle dadelik aan die rande van die knoppe en blomme te suig. Hetsy jonk of volwasse, deurdrenk die grond rondom elke struik met Koinor (2 ml Koinor op 1 liter water per plant). Dit werk die beste as die grond klam is voor behandeling. Koinor word in die plant opgeneem en het ’n langdurige werking – van drie tot ses maande – voordat dit herhaal moet word.

Kontak ludwigsroses.co.za