Hou rose aan die blom

Rosemary North van Durbanville skryf My ‘Sue Gush’-rose blom so mooi in Oktober, maar dan verloor hulle blykbaar stoom. Is dit normaal? 

Ludwig antwoord Oktobermaand se roos-opwelling is elke jaar asemrowend, maar daar is geen rede waarom jou rose nie ook die res van die somer mooi kan blom nie. Daarvoor het elke roosstruik elke week minstens 10 liter water tot by die wortels nodig. Maak seker die grond rondom die rose is nie verdig nie, want dan kan die water dit nie binnedring nie. Bemes ook elke maand met Vigorosa. Rose gebruik voedingstowwe om te blom en dit moet gereeld aangevul word. Sny verwelkte rose af – dit moedig die plant aan om nuwe blomme te vorm.

Wees op die uitkyk vir plantluise of rooskewers wat die blomme beskadig en spuit maandeliks met Ludwig’s Insect Spray gemeng met Rose Protector (wissel laasgenoemde af met Chronos). Deurdrenk andersins die grond rondom die basis van die struike met Koinor om insekte tot vier of selfs ses maande lank in toom te hou.

KONTAK ludwigsroses.co.za