Haelskade

Jeremy McNaughton van Germiston skryf Die hael het my ‘Graaff-Reinet’-roos erg beskadig deur die stele te breek en blare te laat skeur. Moet ek die struik terugsnoei of liewer los?

Ludwig antwoord Sny ná ’n haelstorm die ernstig beskadigde stamme bo-aan die struik af; los eers dié met geskeurde blare. Wag ’n paar dae en kyk of die bas aan die onderste stele splyt. Indien wel, spuit met Chronos en Ludwig’s Insect Spray teen dubbelsterkte. Die kombinasie van die olie en swamdoder keer dat die wonde deur swamsiektes aangetas word. Jy kan twee weke later bemes wanneer nuwe lote sigbaar is. Teen snoeityd in die winter sal jy kan bepaal hoeveel skade die ouer stele opgedoen het en dié uitsny wat ná die hael deur nuwe basale lote vervang is.

KONTAK ludwigsroses.co.za