Joey Smal van Bellville, Kaapstad, skryf Al maak ek elke dag nat, het van my ‘Bella Rosa’- rose in potte las van rooispinnekop. Hoe keer ek dit?

Ludwig antwoord Maak altyd seker die water bereik die potte se dreineringsgate. Fel sonlig kan ook die oorsaak wees. Wanneer die grond warm word, plaas dit selfs meer druk op die plant as gevolg van verdamping uit die blare, wat beteken minder sap bereik die wortels. Ek stel voor jy skuif jou rose sodat die potte in die skadu en die loof in die son is. Jy kan hulle ook in effens groter potte uitplant. Deurdrenk die blare se onderkante met Ludwig’s Insect Spray en herhaal ’n week later.

'Irish Luck'

Alison Swart van Pretoria skryf My ‘Irish Luck’-rose het nou baie hoog gegroei, maar ek is huiwerig om te straf terug te snoei in dié hitte. Enige raad?

Ludwig antwoord Gewoonlik gee ons ’n somer-snoei in Januarie, maar as dit baie warm is en jy min water het, sou ek aanbeveel jy wag tot dit koeler is of tot daar ’n bietjie reën geval het. In gunstiger toestande kan jy die roos se hoogte geleidelik oor twee of drie weke verminder. Kies twee of drie stele op ’n slag, sny dit onder die vorige snyplek af en maak seker daar bly nog blare op die steel oor. Herhaal ná ’n week met nog twee stele en gaan so voort. Só bly die sapvloei in die struik in balans en kan die opvolgende blomvlaag ontwikkel. 

KONTAK ludwigsroses.co.za

Roostake vir elke streek in Januarie

Somerreënstreek

Indien toestande geskik is, kan jy jou rose ’n midsomer-snoei gee (sien bo). Maak twee tot drie keer ’n week goed nat as dit nie reën nie; gebruik gryswater indien nodig. Verfris deklae, maar moenie snoei of dooie blomkoppe verwyder nie. Rose wat gereeld water kry, kan bemes word met Vigorosa. Gebruik Ludwig’s Insect Spray gemeng met Chronos (of kies Rose Protector) en spuit teen swamsiekte en plae. 

Winterreënstreek 

Maak twee tot drie keer ’n week goed nat; gebruik gryswater indien nodig. Spuit met Ludwig’s Insect Spray teen plae. Rose met ’n goeie blaarbedekking kan gesnoei en netjies gemaak word indien water beskikbaar is. As jou water min is, snoei net liggies. 

Laeveld en KwaZulu-Natalse kus 

Soos met die ander streke hang dit af van hoeveel reën daar geval het. Moenie dooie blomkoppe afknip of snoei as jou water beperk is nie, want dit moedig die struik aan om uit te loop. Indien dit goed gereën het, kan jy somersnoei, dooie blomkoppe verwyder en jou rose ’n hupstoot gee met Vigorosa. Spuit met Rose Protector en wissel elke tweede week af met Chronos (gemeng met Ludwig’s Insect Spray) teen plae en swamsiektes.

Somersorg vir rose

Sluit aan by Ludwig vir ’n gratis demonstrasie (dis nie nodig om te bespreek nie).

11 Januarie (10:30) Ludwig’s Roses Egoli, Glenferness

12 Januarie (10:30) Ludwig’s Rose Farm noord van Pretoria en 14:00 by Ludwig’s Roses, Pretoria-Oos

18 Januarie (10:00) en 19 Januarie (10:30) Ludwig’s Roses Winelands

18 Januarie (14:00) Ludwig’s Roses Cape Town

25 Januarie (10:00) Big Red Barn, Irene/ Olifantsfontein

Skakel 012 544 0144 vir nog inligting.