‘My Granny’

Grondbedekker-rose

Marion de Waal van Germiston skryf Ek het ’n randakker met ‘My Granny’-rose. Moet ek dit snoei, en hoe doen ek dit?

Ludwig antwoord Ons klassifiseer ‘My Granny’ as grondbedekker-rose: laaggroeiende, spreidende struike met geboë stele wat trosse blomme dra. Die maklikste manier om enige roos wat só groei (die ander ‘Granny’-rose, die Sunsation-reeks, ‘Flower Carpet’, ‘Adele Searll’ en ‘Fairy’-rose) ’n goeie snoei te gee, is om van (of al) die twee jaar oue hout met ’n snoeiskêr te verwyder.

’n Liggesnoeide ‘My Granny’.

Trek al die blare (of soveel moontlik van hulle) af, want dit kan plae en siektes huisves. Dis ook belangrik om die grond ná ’n snoei te verryk as jy wil seker maak die rose vaar goed in die komende seisoen. Omdat die takke so wyd groei, is dit selfs ná die snoei moeilik om die grond om te spit.

Gooi kompos rondom rose.

’n Makliker manier is om kompos en Vigorosa oor die area te strooi en gate in die grond te steek met ’n vurk. Só val die kompos in die gate wat die vurk gemaak het; dit belug die grond en verbeter waterhouvermoë op wortelvlak. Maak agterna goed nat. In die meeste streke is middel Julie tot vroeg Augustus die beste tyd om te snoei (wag tot later in uiters koue areas).

KONTAK ludwigsroses.co.za