Het ek aangejaag?

Santie van Blerk van Bela-Bela skryf Ek het my ‘Arianna’-rose in die middel van Julie gesnoei. Nou sien ek dat die sterkste nuwe lote op sommige van die stamme laer af uitgroei as waar ek gesnoei het. Het ek verkeerd gesnoei?

Ludwig antwoord Ek sê altyd ’n roos besluit self waar om uit te loop, maak nie saak hoe jy snoei nie. Jy het nog vandeesmaand kans om dit reg te stel. Sny terug tot by die sterkste loot, of laat die roos homself uitsorteer. Dit gaan oor watter gehalte blomme jy wil hê – vir langer stele en groter blomme moet jy een of twee van die mededingende lote op hooftakke, asook alle takkiesrige nuwe groei, verwyder.

KONTAK ludwigsroses.co.za