Pretoria Oop Tuine

16 & 17 September 

Die Pretoria Sunrise Rotariër- klub reël 12 oop tuine in die Jakarandastad: klein tuine, groot ruimtes vir aktiewe gesinne, asook uitgestrekte landskappe wat ideaal is vir groot funksies. Clivias sal te koop aangebied word.

Tyd: 10:00–17:00

Koste: R10 per tuin of R80 vir almal; gratis vir kinders onder 12; al die opbrengs word aangewend vir die klub se gemeenskapsprojekte. Kaartjies is beskikbaar by elke tuin se ingang.

Kontak: skakel 012 361 6535; ’n brosjure met volledige besonderhede van die tuine is beskikbaar by rotarypretoriasunrise.org.

Open Gardens Pretoria

Johannesburg Open Gardens Meander 

16 & 17 September

Die Johannesburg-tuinklub speel gasheer vir ses oop tuine in Houghton, Westcliff, Saxonwold, Parktown-Noord, Parkhurst en Craighall Park, waar besoekers hulle kan verkyk aan die lente se oorvloed. Elkeen van dié groen ruimtes het sy eie, unieke bekoring wat betref plant- keuses, grootte, uitleg en inspirasie. Daar sal plante by elke tuin te koop wees – onder meer Clivias, asaleas, Clematis en irisse, asook plante aangebied deur lede van die Johannesburg-tuinklub. Sommige tuine bied ook verversings aan.

Tyd: 10:00–17:00

Koste: R200 per persoon (sluit toegang tot al ses tuine in); gratis vir kinders onder 12; die opbrengs gaan aan Johannesburg-Kinderwelsyn. LW: Kaartjies moet vooraf bespreek word by prue@jte.co.za.

Kontak: Besoek johannesburggardenclub.co.za vir nog inligting.

Joburg garden meander

The Witness Garden Show

22–25 September

Moenie dié skou, wat as die grootste tuinskou in Suider-Afrika beskou word, misloop nie! Daar is soveel om te sien, verken en geniet: skoutuine, skooltuine, ’n gourmetkos-tent en blommerangskikkings, lewende musiek en tonne ander vermaak.

Plek: Royal-skougrond, Pietermaritzburg

Tyd: 09:00–17:00

Koste: R65; R40 vir kinders onder 12 en pensioentrekkers (bo 60); gratis vir voorskoolse kinders wat deur ’n volwassene vergesel word. Kaartjies is beskikbaar by die ingang of by Computicket.

Kontak: 033 345 6274 of info@thegardenshow.co.za; besoek gardenshow.co.za vir nog inligting.

The Witness Show Gardens

Hermanus-blomfees

22 – 25 September 

“Fynbos en vuur” is die tema van vanjaar se fees wat die 60ste bestaansjaar van die Fernkloof-natuurreservaat vier. Honderde voorbeelde van plaaslike plante word uitgestal, terwyl inheemse blomme en plante te koop sal wees.

Plek: Fernkloof-natuurreservaat, Hermanus

Tyd: 09:00–17:00

Koste: R20, gratis vir kinders onder 12; R10 vir pensioentrekkers op 22 September

Kontak: 028 313 0819

Hermanus flower festival

Harcourts Middeland Oop Tuine

16 & 17; 23 & 24 September

Benewens Endebeni Forest se tuin is nog ses tuine in die KwaZulu-Natalse Middelland dié maand oop vir die publiek: vier in Karkloof en een elk in Howick en Balgowan (laasgenoemde kan ook die naweek van 30 September en 1 Oktober besigtig word).

Vir nog inligting oor die onderskeie tuine, e-pos jackie@otterley.com of skakel 082 924 5892.