Sandspruit River Ramble 

1 & 2 September 

Geniet die eerste dae van die lente by die Sandspruitrivier, waar inwoners 8 km van die oewer mooigemaak het. Stap langs die lieflike oewer en geniet ’n piekniek. Daar sal boereworsrolle en verversings te koop wees – of bring jou eie! Goedgemanierde honde op leibande word ook genooi.

Tyd 10:00–17:00

Koste Toegang is R30 per persoon en R10 per hond; gratis vir kinders onder 12.

Kontak Skakel 082 689 0930 vir nog inligting of besoek gardensofthegoldencity.co.za

The Witness Garden Show

7–9 September

The Witness Spring Garden Show beloof ’n heerlike naweek met praatjies, uitstallings, gourmet-kos en meer. Die skou sal ontwerperstuine wys, en daar sal ook spesialisplante te koop wees.

Venue Royal Showgrounds, Pietermaritzburg

Tyd 09:00–17:00

Koste R65 per persoon, R45 vir kinders onder 12 en pensioentrekkers (60 en ouer); voorskoolse kinders wat deur ’n volwassene vergesel word, kan ook gratis ingaan. Kry kaartjies by webtickets.co.za of by die hek.

Kontak Skakel 031 0030940 of stuur e-pos na info@thegardenshow.co.za; besoek gardenshow.co.za vir nog inligting en ’n lys uitstallers. 

Foto: Connall Oosterbroek

Johannesburg Open Gardens Meander 

15 & 16 September

Met volhoubare tuinmaak-praktyke wat nou gewilder is as ooit, sal dié jaar se Meander fokus op inspirerende kombuistuine wat kruie, vrugte en groente lewer. Tog kan besoekers individualiteit van elke tuin verwag. Dit wissel van sjarmant tot uitgestrek, en elk spog met treffende waterfokuspunte. Daar sal plante by elke tuin te koop wees – onder meer Clivias, asaleas, Clematis en irisse, asook plante aangebied deur tuinklub-lede.

Venue Vyf verskillende tuine in die buurte Bryanston en Atholl 

Tyd 10:00–17:00

Koste R250 per persoon (sluit ’n Open Gardens Meander-kaart en toegang tot al vyf tuine in); gratis vir kinders onder 12. Bespreek jou kaartjies vooraf by johannesburggardenclub.co.za; alle opbring gaan aan Johannesburg Child Welfare.

Hermanus Flower Festival 

21–24 September

Vanjaar se tema is “Watching Water”, wat die klem plaas op hoe kosbaar water is en hoe belangrik dit is om hierdie hulpbron te bestuur en te bewaar. Verwag blom-uitstallings, ’n inheemse kwekery en verskeie demonstrasies. Lede van die Hermanus Botaniese Vereniging sal daar wees om besoekers deur die uitstalling te neem en enige vrae te beantwoord. Bring die hele gesin vir middagete by die Fynbos Café, en die kleinspan kan hulle geniet met aktiwiteite soos die Upcycling Craft Corner.

Venue Fernkloof-natuurreservaat 

Tyd 09:00–17:00

Koste Toegang is R25 per persoon; gratis vir kinders onder 12 en senior burgers kan op Vrydag, 21 September vir net R10 ingaan. Die Hermanus Botaniese Vereniging is gebruik die geleentheid om fondse in te samel vir die onderhoud en herstel van die gewildste paadjies in die Fernkloof-natuurreservaat vir die veiligheid van alle besoekers. 

Kontak Stuur e-pos na botsochermanus@telkomsa.net of besoek fernkloof.org.za.

Harcourts Open Midlands Gardens

22 September–25 November* 

Die Harcourts Open Midlands Gardens sal vanjaar 57 tuine ten toon stel, waarvan 48 nuut is. Die Midlands spog ook met twee nuwe aantreklikhede: die Great Little Gardens Route (20–21 Oktober), waar alle opbrengs aan Pietermaritzburg and District Care of the Aged gaan, asook ’n tuinmark by die Patchwood Elephant met verskeie stalletjies wat tuinverwante items verkoop.

Tyd 09:00–17:00*

Koste Kaartjies is R60 vir toegang tot al die Open Midlands Gardens (behalwe die Great Little Gardens Route, Endebeni Forest en Benvie). Kaartjies vir die Great Little Gardens Route, Endebeni Forest en Benvie kos R50 elk.

Kontak Skakel 082 924 5892 of besoek thegardener.co.za vir besonderhede.

 *Besoek thegardener.co.za vir elke tuin se spesifieke datums en tye.

Meer oor die Great Little Gardens Route:

Die Great Little Gardens Route strek van Scottsville tot Hilton met meer as 20 lieflike klein tuine. Kry inspirasie hoe om min ruimte ten beste te benut; hoe om innoverende planne by jou eie tuin in te span; en hoe om ’n vervelige lap grond in ’n lushof te omskep. Moenie die Midlands Old Rose Garden by Garlington misloop nie; ’n droë stuk veld is omskep in spogstuk met meer as 150 Old Roses-variëteite.

A Blooming Affair – Garden and Craft Market Day

6 Oktober

Die Roedeanskool spog met manjifieke tuine van botaniese belang. Verwag beddings met ’n groot verskeidenheid plante; groot en klein, inheems en eksoties. Bring die hele gesin vir ’n dag gevul met blomme, kosstalletjies en selfs ’n kunsvlytmark. Ywerige tuiniers kan uitsien na ’n groot verskeidenheid plante te koop, insluitend roosstruike verskaf deur Ludwig’s Roses, Runnymede-irisse, vetplante en meer.

Venue Roedeanskool, Parktown 

Tyd 09:00–16:00

Koste Toegang is R50 per persoon. Alle opbrings gaan na Roedean Community Partners; besonderhede is op die webtuiste beskikbaar.

Kontak Skakel 011 647 3200 of besoek abloomingaffair.co.za vir nog inligting.

Beechwood Garden 

11–14 Oktober 

Besoek een van die tuine met die mees klassieke tuine in Johannesburg. Dit spog met erfenisstatus en het ’n bos-uitleg met paadjies wat lei na ’n Engelsestyl-tuin, ’n roosbedekte kolonnade, ’n fantastiese groentetuin en meer. Die tuin is rolstoelvriendelik en het gladde paadjies vir mense met beperkte mobiliteit. Geniet ’n kunsvlytmark of bespreek jou sitplek vir die al fresco-middagete op Saterdag of Sondag.

Venue Christophersonweg 25, Hyde Park

Tyd 10:00–17:00 

Koste Toegang is R50 per persoon; gratis vir kinders onder 12.

Kontak Skakel 082 689 0930 of 083 399 9397 vir nog inligting en e-pos belinda@charlesgreig.co.za om ’n plek vir die middagete te bespreek. (Bespreking vir die ete is noodsaaklik.) 

Pretoria Sunrise Rotary’s Open Gardens

13–14 Oktober

Tuin-entoesiaste is in vir ’n groot bederf wanneer die Pretoria Sunrise Rotary sy jaarlikse Open Gardens-fondsinsameling hou. Met die waterskaarste in gedagte is ’n splinternuwe tuin in Menlopark aangelê net met inheemse plante, insluitend broodbome. Daar sal plante te koop wees en besoekers kan uitsien na ’n nuwe tropiese tuin, ’n pragtige roos-terras en meer.

Tyd 10:00–17:00

Koste Dié jaar sal daar ’n eenmalige toegangsfooi van R50 wees; dit sluit alle tuine in en besoekers kan soveel tuine besoek as wat hulle wil. Die gewone teetuin sal ook verversings verskaf in ruil vir ’n skenking. Alle opbrengs gaan  aan die klub se gemeenskapsprogramme. Kaartjies sal by elke tuin se ingang te koop wees.  

Kontak ’n Brosjure met volledige besonderhede en adresse is beskikbaar op die klub se webtuiste, rotarypretoriasunrise.org, of skakel 082 49 77 938.

Bedford Garden Festival 

19–21 Oktober 

Die jaarlikse Bedford Garden Festival in die Oos-Kaapse Middelland verwelkom tuiniers en natuurliefhebbers van die hele land oor om hul stil agterpaaie en manjifieke oop tuine te kom verken. Ontmoet die tuiniers, besoek die markte en geniet ’n Sondag-tuinkonsert.

Tyd 08:00–17:00

Koste Toegang wissel van R5 tot R20; sekere tuine is gratis en ander vra skenkings.

Kontak Stuur e-pos na info@bedford.co.za of besoek bedford.co.za vir die volle program en kontakbesonderhede vir al die oop tuine. 

Rustenberg Manor House Open Garden

26–28 Oktober

Die Rustenberg Manor House se tuine sal weer oop wees vir die publiek. Geniet ligte versnaperings onder die eikebome of leer van die landgoed se goed ingeligte span. Plante uit die tuin sal ook te koop wees. 

Venue Rustenberg, Stellenbosch

Tyd 09:30 – 16:30

Koste Toegang tot die landgoed is R50 per persoon. Plante en verversings sal te koop wees . 

Kontak Skakel 082 442 1721 of stuur e-pos na rozanne@rustenberg.co.za; besoek rustenberg.co.za vir aanwysings en besonderhede.

Elgin Open Gardens 

27–28 Oktober; 3–4 November 

Verwag tot 15 oop tuine in die Elgin- en Botrivier-streek oor twee naweke. Dit wissel van groot, gevestigde plattelandse tuine (party is meer as 50 jaar oud) tot jong, onlangs aangeplante tuine op dorpies en kleinhoewes. ’n Aantal tuine sal ook plante verkoop. 

Tyd 10:00–17:00

Koste Toegang wissel van gratis tot R30; elke venue het ’n liefdadigheidsprogram wat sal baat vind by kaartjieverkope, en sekere venues verwelkom ook skenkings ten bate van hul saak.

Kontak Skakel 021 844 0154 of stuur e-pos na info@elginopengardens.co.za; besoek elginopengardens.co.za vir besonderhede en ’n kaart met die oop tuine in die area.