McGregor Magic-tuinfees

21–23 September 

Besoek die McGregor Magic-tuinfees oor Erfenisnaweek om die natuur se bekoring te vier. Daar sal meer as 30 private tuine oopgestel word, insluitend gemeenskapstuine. Besoekers kan ook uitsien na ’n verskeidenheid praatjies en demonstrasies deur kenners (die bonsai-meester Willem Pretorius en nuwe Kirstenbosch-kurator, Werner Voigt, deel hul kennis en die botaniese kunstenaar Geoffrey Visser maak ’n skepping), begeleide staptoere, slypskole, musiek en opvoerings.

Sien die feesprogram op quicket.co.za vir venues en tye.

Koste Die brosjure-feeskaartjie kos R120 per persoon en sluit die kaart, toegang tot alle oop tuine asook toegang tot die tuinmark in, waar jy opvoerings en gelukkige trekkings kan verwag. Vir R25 kan jy net toegang kry tot die tuinmark. 

Ander items op die program het hul eie toegangsprys. Bespreek jou plek vir die praatjies, staptoere en slypskole op quicket.co.za

Kontak Skakel 023 625 1954.

Hermanus-blomfees

21–24 September 

Vanjaar vier die Hermanus se Botaniese Vereniging fynbos in al sy glorie met die tema “Fynbos 4 U”. Jy kan uitsien na wonderlike rangskikkings van fynbosblomme en sowat 400 geetiketteerde spesimens in volle blom. Woon praatjies by oor interessante verwante onderwerpe, van hoe om met aalwynsap te verf tot hoe om fynbos-jenewer te maak. Jy kan ook uitsien na selfdoen-demonstrasies, pret vir die kleinspan en heerlike snoepgoed. 

Venue Fernkloof-natuurreservaat, Fir-laan, Hermanus

Tye 

09:00–16:00 van Saterdag tot Maandag

09:00–14:00 op Dinsdag

Koste R25 vir volwassenes; gratis vir kinders onder 12

Kontak Besoek fernkloof.org.za vir die volledige program of skakel 028 313 0819.  

Die Johannesburg-tuinklub se oop tuin ten bate van liefdadigheid

5–6 Oktober 

Besoek ’n manjifieke tuin ontwerp deur Tim en Liz Steyn in Westcliff, Johannesburg. Die tuin werk só dat dit die uitsigte van Johannesburg omraam. Gaste kan ook die teetuin geniet en smul aan sjampanje- en gerookte salm. 

Venue The Stables, Pallinghurst-weg 34, Westcliff

Tyd 10:00–16:00

Koste R50 vir volwassenes; gratis vir kinders onder 12. Kaartjies word by die hek verkoop. Alle opbrengs gaan aan Johannesburg-kinderwelsyn. 

Kontak Besoek johannesburggardenclub.co.za of skakel 083 309 7949. 

Mulligatawny-plaas: Oop tuin 

12–13 Oktober

Bring twee genotvolle dae in die lieflike 16 hektaar-tuin op die Mulligatawny-plaas deur. 

Die pragtige tuin bevat vleilande, 130 waterlelie-spesies, duisende rose, irisse, blomappels en ’n groot versameling bamboes-variëteite. Daar is ook ’n tuinkatedraal, beeldhouwerke, pragtige uitsigte, buitengewoon ryk voëllewe en nog baie meer ...

Venue Mulligatawny-plaas S6, Skeerpoort, naby die Wieg van die Mensdom

Tyd 09:00–17:00

Koste Kaartjies kos tussen R100–R200 (alle opbrengs gaan aan die St George’s Turning Point-stigting). Kry joune by webtickets.co.za

Kontak Bel James by 083 326 4493 of e-pos info@turningpointfoundation.org.za; besoek turningpointfoundation.org.za

Constantia- oop tuine

18–19 Oktober

By die oop tuine in Constantia is daar vier uiteenlopende tuine te sien, ’n wonderlike terugkeer ná die erge droogte verlede jaar. Elk van die tuine verteenwoordig ’n verskillende manier om so waterslim en ekologies verantwoordelik moontlik tuin te maak. Van ’n klein tuin sonder ’n grasperk met inheemse plante tot ’n groter, formele tuine met waterwys aanplantings.

Tye 

Vrydag 18 Oktober 14:00–18:00

Saterdag 19 Oktober 09:00–17:00

Koste Vooraf bespreekte kaartjies kos R70 (dit kos R80 as jy dit daar koop); dit sluit toegang tot alle tuine in, asook ’n SOZO’s Barista-koffie of -tee en ’n ligte versnapering. Opbrengs van kaartjie- en plantverkope word geskenk aan kostuin-projekte soos die SOZO-stigting en Soil for Life.

Kontak Besoek opengardensconstantia.wordpress.com of skakel 021 712 5668.

Die Bedford-tuinfees

18–20 Oktober 

Die Bedford-tuinfees is in volle blom, so neem jou sintuie op ’n avontuur met wonderlike kos, musiek, kuns en inspirerende oop tuine – als in die pragtige tuindorpie Bedford en sy omgewing. Tien plaastuine sal vanjaar oop wees en die meeste sal verversing bedien. Party plase bedien ook ligte middagetes. Op Bedford is daar meer oop tuine, kwekerye, ’n plaasmark en meer! 

Venue Verskeie tuine in die area; sien die program en laai die kaart af by bedford.co.za.

Besoek bedford.co.za vir ’n lys deelnemende oop tuine. Hier kry jy tye en koste vir elke oop tuin, asook enige spesiale aktiwiteite en kontakbesonderhede. 

Franschhoek-ooptuinfees

25–27 Oktober

Vier die begin van die somer in Franschhoek met die jaarlikse Franschhoek-ooptuinfees. Vanjaar word daar 10 tuine oopgestel, van klein dorpstuine tot pragtige groot plaastuine. Besoekers kan ook uitsien na die “Tuin in ’n pot”-kompetisie, asook tee- en wynproeë in van die tuine. Vanjaar val dit saam met die Franschhoek-kunsskou, so daar sal oor daardie naweek heelwat wees om na uit te sien.

Koste Kaartjies kos R200 per persoon om al die tuine vir die hele naweek te sien en sal te koop wees by die La Motte-wynlandgoed en NG-kerksaal in Franschhoek se hoofweg. Alle winste uit die skou sal geskenk word aan Fleur de Lis, die tehuis vir bejaardes in Franschhoek.

Kontak Stuur e-pos na glyndajacobs@gmail.com of kontak Franschhoek se toerismekantoor by 021 876 2861 vir nog inligting. 

Elgin- oop tuine 

26–27 Oktober & 2–3 November

Besoekers aan die Elgin- oop tuine kan uitsien na agt tuine wat onderhou word deur ywerige en toegewyde eienaartuiniers, asook vyf leefstyl-venues met oop tuine in die Elgin- en Botrivier-distrikte. Die tuine wissel van groot, gevestigde plaastuine (party is tot 50 jaar oud) tot jong, onlangs aangelegde tuine op plase en kleinhoewes. Kies die naweek wat jou die beste pas en bring die hele gesin uit vir ’n dag se pret. 

Venue Sien die kaart hier om die deelnemende tuine te sien.

Tyd 10:00–17:00 

Koste Toegang wissel van gratis tot R35 per persoon, afhangend van die venue. Besonderhede is hier beskikbaar.

Kontak Besoek elginopengardens.co.za vir nog of skakel 021 844 0154.  

Johannesburg- internasionale blommeskou

30 Oktober–3 November 

Waterfall City sal omskep in ’n uitstalling van blommeprag wanneer hulle die eerste Johannesburg- internasionale blommeskou aanbied. Of jy nou ’n ontwerp-foendi of tuinier met groen vingers is, of net die sonskyn wil geniet en ’n dag in die buitelug wil geniet, is dié skou vir jou. Besoekers kan uitsien na blom-uitstallings deur top-ontwerpers, ’n superkos-tuin ontwerp deur die Amorentia-landgoed-en-kwekery, plantverkope en vele meer! ’n Aantal sonkragpanele sal in samewerking met Nu Power geïnstalleer word – dit sal die Johannesburg- internasionale blommeskou ’n sonkrag-aangedrewe skou maak.

Venue Waterfall City, Johannesburg

Tyd 12:00–19:00 

Koste Kaartjies kos R175 vir volwassenes en R75 vir kinders onder 16 en pensioentrekkers. Kry joune by johannesburgflowershow.com

Kontak Besoek johannesburgflowershow.com of skakel 011 880 5202.

Rustenberg Manor House- oop tuin 

1–3 November 

Die private Rustenberg Manor House se tuine sal vanjaar weer oop wees vir die publiek. Drentel deur die pragtige tuine en waardeer die skouspelagtige berguitsigte of geniet ligte verversings onder die eikebome. Daar sal ook ’n plantverkoping wees. 

Venue Rustenberg Manor House, Stellenbosch 

Tyd 09:30–16:30 

Koste R50 per persoon 

Kontak Bel Rozanne Barlow by 082 442 1721 of besoek rustenberg.co.za vir nog inligting.