book-icon Uitgawe September 2020

Dié maand in jou tuin

akkreditasie

Foto's Gillian Eva, Kay Montgomery en Getty

Ons kan nooit die waarde van bome as ’n bron van skoonheid, boumateriaal, voedsel en medisyne, asook die belangrike rol wat dit in die omgewing speel, onderskat nie. Boomplantweek word elke September gevier (vanjaar die 1ste tot die 7de) en bring hulde aan die rol wat gemeenskappe, huiseienaars, besighede, skole en organisasies kan speel deur bome te skenk en te plant. Die twee Bome van die Jaar vir 2020, gekies as deel van die week se vieringe, is die kremetart (Adansonia digitata) en essenhout (Ekebergia capensis).

Die legendariese, massiewe bladwisselende kremetart (Adansonia digitata) word as die grootste vetplant ter wêreld beskou. Omdat die verstrengelde takke soos ’n wortelstelsel lyk, staan dit ook bekend as die “onderstebo boom”. Dit groei in rypvrye gebiede met ’n lae reënval. In die vroeë somer verskyn groot, hangende blomme met ’n soet geur, wat snags deur vrugtevlermuise bestuif word. Die blare is glo ryk aan vitamien C, suikers, kaliumtartraat en kalsium. Reuse-kremetarte se hol stamme vang reënwater op en is al gebruik as huise, kroeë en byekorwe.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
Jongste uitgawe

September 2022

Jongste uitgawe
Kry jou praktiese, inspirerende gids vir die huis en tuin nou as ’n e-tydskrif.
Begin lees
Jongste uitgawe

WERF 2021

Jongste uitgawe
Kry jou praktiese, inspirerende gids vir jou werf nou as ’n e-tydskrif.
Begin lees