Foto’s Francois Oberholster en verskaf
Piepklein plante is wonderlike oplossings vir tuiniers wie se spasie beperk is. Die voordele van kleiner plante is dat hulle vinnig groei en steeds mooi lyk wanneer hulle groter word. Spaar plek deur vertikaal tuin te maak of ’n klein groentetuin te begin, en eksperimenteer met mikrogroente – dis heerlik en gesond! Laasgenoemde is ook ’n puik keuse vir beginner-tuiniers wat nog hul hand met ’n plant moet oefen.
Verhewe beddings en potte maak goeie beginnertuine uit en vra min plek. Druk saadjies vir soetrissies en mini-tamaties in potte of strooi mikrogroentesaad dig opmekaar vir ’n voedingryke bossie smaak. Gee jou mikrogroente ’n hupstoot met spesiale groentekompos – kyk uit daarvoor by jou tuinsentrum.