Terwyl ons onder die komberse sit en bibber, geniet die Noordelike Halfrond nou lekker somerweer. En waar beter om dit te doen as in een van Londen se pragtige tuine…

In Richmond Park, suidwes van Londen, sit Isabella Plantation, ’n 16ha-bosland vol groot eikebome wat ’n manjifieke tuin vol rododendrons en asaleas, asook ander skaars plante en bome, wegsteek. Die tuin is op sy mooiste in die lente. Hier is ons gunsteling-foto’s deur Olivier Maurin, ’n senior navorser by die Royal Botanic Gardens Kew. Verlustig jou in die blommeprag!

IMG_7253’n Klein stroom met groot asalea-struike aan weerskante en in die water is ’n pragtige plant wat in Engels bekendstaan as Skunk Cabbage (Lysichiton americanus – Arum-familie).

IMG_7255’n Rhododendron inflorescence van naby.

IMG_7256’n Mooi blik van die Isabella Plantation met Engelse eikebome (Quercus robur) en berkebome (Betula-sp.).

IMG_7258Die lieflike nabyskoot van die Chinese duifboom (Davidia involucrata, Nyassaceae-familie).

IMG_7260’n Asemrowende asalea-struin in volle blom met ’n Engelse eikeboom in die agtergrond.