Foto’s Francois Oberholster en verskaf
Hoe besonders is die herfs-ewening van die Suidelike Halfrond nie jaar ná jaar nie. Dis tyd vir feestelikheid en dankbaarheid, vir oeste wat ingesamel is, vrugte wat ryp geword het, geelgoue veldgras, fleurige padrande vol pienk en wit kosmos, en tuine wat hul herfsgewaad begin aantrek terwyl die glorie van die somer kwyn.