book-icon Uitgawe Oktober 2020

Dis tyd vir somergroente saai!

akkreditasie

Soetrissies is alte veelsydig: Dit gee ’n soet smaak en heerlike knars aan slaaie en roerbraaigeregte, en gerooster bring hulle ’n geurontploffing na pizza, pasta en pesto. Dis boonop gesond en propvol vitamien C. 

Soetrissies vra baie son en grond wat goed dreineer. Knyp die groeipunte af wanneer saailinge 15 cm hoog is, aangesien bosagtige plante meer vrugte dra. Maak elke dag nat in die somerhitte; ’n deklaag sal die grond koeler hou. Bemes wanneer die plante begin blom en herhaal ná twee maande. Laat die vrugte geel of rooi verkleur vir die soetste geur. 

Kompakte mini-variëteite soos oranje, rooi of geel ‘Sweet Snack’ en die soetgeurige rooi ‘Snackabelle’ vaar goed in houers. Dié dwergplante lewer tot 30 vrugte elk. Plaas potte waar hulle oggendson kry en smiddae in die skadu is. Maak elke dag nat (potte droog gou uit) en voed maandeliks met vloeibare misstof. 

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
Jongste uitgawe

September 2022

Jongste uitgawe
Kry jou praktiese, inspirerende gids vir die huis en tuin nou as ’n e-tydskrif.
Begin lees
Jongste uitgawe

WERF 2021

Jongste uitgawe
Kry jou praktiese, inspirerende gids vir jou werf nou as ’n e-tydskrif.
Begin lees