Pas jou liefde vir tuinmaak ook op jou leefruimtes toe met die geil loof van huisplante. Hierdie vier Ficus-kultivars verskaf warmte en trefkrag in ’n kits:
1 Ficus elastica ‘Black Prince’ Vang die oog met hierdie rubberplant – dis modieus en stylvol met treffende groenswart blare, en geskik vir ’n ruimte wat baie lig kry.
2 Treurvy (Ficus benjamina) is die ideale boom vir ’n binnelandskap, met elegante takke en blink blare. Kyk uit vir boompies met gevlegte stamme. Die plant kan beperkte lig verduur.