Het jy geweet jy kan groente binnenshuis kweek? Eksperimenteer met kraakvars spruite – dis heerlik om oor slaai te strooi, of geniet dit as ’n toebroodjie-vulsel of gesonde peuselhappie. Spruite is basies saad wat ontkiem het, maar nog nie tot saailinge ontwikkel het nie. Kekerertjies, lensies, mungboontjies, sojabone en lusernsaad maak almal heerlike spruite. Dié plante is ryk aan minerale, vitamiene en proteïene wat die liggaam se immuniteit teen verkoues en griep versterk. Kyk uit daarvoor by supermarkte en gesondheidswinkels.
Al wat jy nodig het, is ’n glasfles met ’n wye bek, kaasdoek (of ’n nuwe kombuislappie) en ’n rekkie.
• Week die saad wat jy wil laat uitloop oornag in water in die fles; groter sade het 24–36 uur weektyd nodig.