Slaaigroente hou van die koeler weer; dit is wel nie rypbestand nie en moet van einde Mei af teen ryp beskerm word. In koue tuine is dit die moeite werd om jou slaai elke aand met rypdoek te bedek en dit die volgende oggend af te haal, want dit beteken jy sal reg deur die winter aan jou gunstelinge kan smul.
Al hoe meer slaaikultivars is deesdae in saailingvorm beskikbaar, maar jy kan nog in Mei slaaisaad in die warmer dele van die Hoëveld, die winterreën- en subtropiese streke saai.
• Plant slaai in die winter in volson in komposverrykte grond wat goed dreineer.