’n Bos blomme is altyd ’n wonderlike geskenk, en hoeveel lekkerder is dit nie as jy die blomme uit jou eie tuin kan pluk nie!

Belinda Soboil, eienaar van die blommerangskik-saak, Bella Flowers, wys in dié video hoe om ’n pragtige bos blomme te rangskik wat jy as geskenk vir ’n gasheer of -vrou kan gee.

So maak jy:

https://youtu.be/uIliSSgkRvY

Ons kuier in Belinda se gesinshuis met sy dromerige palet, besonderse versamelings en ’n oorvloed blomme en loof in Kenilworth, Kaapstad, in ons Januarie-uitgawe, nou te koop!