Volg rooskenner Ludwig Taschner se raad oor roossorg in Oktober om jou rose se blomtyd te verleng:

• Verwyder dooie blomkoppe om die vorming van nuwe stamme aan te moedig.

• Gee elke struik minstens 20 liter water per week – maak dit twee keer per week goed nat, of elke dag ’n bietjie.

• Voed jou rose met ’n roosmisstof in die middel van die maand om die rose krag te gee vir die volgende vlaag blomme.

• Spuit jou rose elke twee weke met Ludwig’s Insect Spray en Chronos of Rose Protector.

• Knyp basale lote terug tot kniehoogte. As die struik ’n kandelaarvorm het, sny die lote in die middel uit.

• Vir gehalte-plukblomme, verwyder hibriedteerose se syogies onder die eindknoppe.