Foto’s Francois Oberholster en verskaf
Plante wat snyblomme dra, sorg nie net vir ’n fees in jou beddings nie, maar bied jou ook ’n bron van helder kleur waarmee jy elke vertrek in die huis – selfs die stoep – kan verfris. Kies baardangeliere (Dianthus), pronkridderspore (Delphinium), vingerhoedjies (Digitalis), Echinacea, Inkalelies (Alstroemeria) en daglelies (Hemerocallis).