Wissel saaitye af, oes steeds wintergroente en maak gereelder nat namate die dae warmer raak.
Saaiplan vir die lente
Vroeg in September Saai beet, wortels, kool, blaarslaai, ertjies, spinasie en spinasiebeet wat by ’n laer grondtemperatuur ontkiem.
Saaiwenk Saai fyn wortelsaad, soos ‘Cape Market’ (wat spesifiek vir Suid-Afrikaanse toestande ontwikkel is), ry vir ry, met ’n tregter gemaak van ’n vel papier om die saad eweredig te versprei.
Middel September Saai stam- en rankboontjies, asook skorsies.
Saaiwenk Groenbone ontkiem op hul beste wanneer twee of drie bone saam in een gat geplant word. Maak ’n groenbone-tipi deur drie riete aan mekaar vas te maak (of bind tou om dit op te lei) en saai die erfenis-rankboontjie ‘Lazy Housewife’ by die basis sodat dit daarteen kan oprank. Die kleinspan sal dol wees daarop.
Einde September Saai tamaties, eiervrug, rissies, soetrissies, mielies, pampoene, spanspek, en ander skorsies met ’n rankende groeiwyse.
Saaiwenk Maak saadbeddings en saailinge elke dag nat. Gebruik ’n gieter met ’n fyn sproeikop sodat die saailinge nie wegspoel nie.
KONTAK kirchhoffs.co.za
Teken in en kry onbeperkte toegang tot 11 Afrikaanse tydskrifte en 35 koerante. Alles op een plek.
KIES JOU PAKKET