Foto’s Francois Oberholster l Stilering Melissa Rautenbach en Hanniki Bruère
Met ’n oorvloed geurige pienk ertjieagtige blomme slaan die keurboom jou asem weg in die lente. Dis ’n baie vinnige groeier en behoort met goeie versorging binne ’n paar jaar volwasse grootte te bereik.
Hoewel die boom ’n redelike kort lewensduur het (sowat 20 jaar), maak die pragtige pienk blomme waarmee ’n keurboom jou elke jaar bederf dit ’n puik keuse vir ’n nuwe tuin. Dié vinnige groeier sal gou vir skaduwee, struktuur én kleur sorg. Keurbome aard in komposryke sanderige en leemgrond en vra genoeg water totdat hulle gevestig is. Beskerm jong bome teen ryp; volwasse keurbome kan wel ’n mate van ryp hanteer.