Avo-skade

Ann Redloff van Vredendal skryf Ons het die afgelope 2–3 jaar uiters min reën gekry en wanneer ons op toegelate tye kon natmaak, het die sitrus- en avokadobome voorkeur geniet. Die avokadoboom dra groot vrugte en as jy dit oopsny, is die vlees eetbaar, maar vanjaar het hulle donker merke aan die buitekant. Wat sou dit veroorsaak?  

JJ antwoord Die mees algemene probleem by avokado’s is antraknose of swartroes, ’n swamsiekte. Dit kan ongelukkig die vrugte sowel as die blare aantas. Die donker kolle in die vlees van jou avokado’s dui op antraknose, maar die merke aan die buitekant lyk soos vrugtevliegskade. Behandel eers-genoemde met Mycogard of Odeon en spuit Spray-Kill 5 teen vrugtevlieg.  

Luister Saterdae om 07:30 na JJ se Groen Vingers-tuingeselsies met Derrich Gardner in sy program Brêkfis met Derrich op RSG.